Preview: Willem se Keuse Episode 137

Available Now!
Purchase 3 Days Access (R100) Subscribe to Brooklyn Theatre (R400 pm)

Starring: Willem Vogel

Willem Vogel het op 5-jarige ouderdom met klavierstudies begin. Op 10-jarige ouderdom het hy by die Drakensberg Seunskoor aangesluit. Nadat hy die Pretoria Skool vir Kuns, Musiek en Ballet for Art, Ballet (Pro Arte) bygewoon het, het hy BMus, MMus en HDip Ed aan die Universiteit van die Witwatersrand voltooi. Hy begin sy loopbaan as dosent en professionele begeleier en koormeester. Hy was musiekhoof aan die Kempton Park Tegniese Kollege, waarna hy by SABC TV aangesluit het as Multi-Kamera Televisieregisseur. Willem het vyf Artes-benoemings ontvang en hy het 'n Artes-toekenning vir Enoch Prophet of God (Roelof Temmingh opera) gewen. Willem Vogel en Daniel Vos het Salon Music (1994) gestig. In 2003 het Salon Music 'n klassieke CD-winkel in Brooklyn Mall geopen. In 2010 het Brooklyn Teater in Menlopark, Pretoria tot stand gekom.

Eurosentriese musiek word in hierdie teater bevorder en weeklikse konserte was van die hoogste standaard. Musicula, 'n ontwikkelingsprogram vir kinders van 6 maande tot 6 jaar, is in 2015 in samewerking met Magdaleen Lamey in die teater gevestig. In 2013 is die Gautengse Filharmoniese Orkes (Nie-Winsgewende-Organsisasie) deur Willem, Daniel Vos en Amanda Booysen gestig. Sedert 1994 spog Salon Music met meer as 6000 konserte, produksies, teaterhuur en opvoedkundige projekte. Gewis n baken van hoop vir die klassieke musiekbedryf in Suid-Afrika.