Preview: Pieter en die Wolf aangebied in Afrikaans. Prokofiev

Available Now!
Purchase 3 Days Access (R50) Subscribe to Brooklyn Theatre (R400 pm)

Starring: Philip de Vos ( Verteller / Narrator ); Matheu Kieswetter ( Dirigent / Conductor ); Gauteng Philharmonic Orchestra

Wie is dan nou ook meer geskik om die orkes op pittige wyse aan die kleinspan (en sommer ook musiekliefhebbers van enige ouderdom) bekend te stel, as Philip de Vos. Met hierdie program fokus die Gauteng Filharmoniese Orkes op klassieke vermaak vir die hele gesin. Philip de Vos se pittige versies vir Pieter en die Wolf word deur homself voorgedra.

Die verhaaltjie van Pieter en die Wolf, toegelig deur Prokofiev se uitnemende musiek, funksioneer op grondvlak vir die jongspan terwyl dit ook eintlik ’n allegorie is rondom die politiek in Rusland in die 1930’s. Hierdie opname is perfekte leermateriaal vir enige musiekdepartement, tuisleerders en volwasse musiekliefhebbers wat op prettige wyse nader wil kennis maak met die instrumente in ’n simfonie orkes!