Starring: Willem Vogel
Tydens hierdie episode gaan ons so bietjie kyk
na nuwe CD vrystellings.
Ja, ek weet, CD’s is eintlik iets van die verlede, dis nou die soort CD wat mens in jou hand kan vashou, maar kunstenaars oor die hele wêreld maak beslis nog opnames, elke dag.
Dit word as ’n ‘CD’ geplaas op iTunes, Spotify of een of ander digitale platform wat die kunstenaar
verkies. Mens kan die ‘CD’ koop om by jou eie digitale versameling te voeg of jy dan dit ‘stream’
of gewoon net daarna luister, as jy ingeskryf is by een van hierdie platforms.