Preview: SPINELLA Feeskonsert

Available Now!
Purchase 3 Days Access (R100) Subscribe to Brooklyn Theatre (R400 pm)

Starring: Brooklyn Theatre Salon Ensemble; Musicula onder leiding van Magdaleen Lamey; Christopher Vale (Bariton); Deirdre van Schalkwyk (Soprano)

Ons gaan kuier op Kleingeluk, ’n plasie in die Vrystaat. Tant Anna (Deirdré van Schalkwyk) en Oom Ben (Christopher Vale) sit op die stoep en stel ons voor aan almal op die plaas o.a. Spinella Spinnekop, Donsie Kat, Japie Aap, oom Krap, Katrina, Jannie en klein Jafta.
Al die liedjies is gekomponeer deur Lida van Dyk, ouma van twee van ons Musicula maatjies. Sy het die liedjies getoonset ter nagedagtenis aan haar ma wat hierdie stories in digvorm aan haar vertel het toe sy `n kind was. Musicula eer graag hierdie kosbare kleinnood van Afrikaans en lewer graag so `n bydrae om die geskiedenis te vertolk met hierdie unieke “klassieke” weergawe.
Die instrumentale verwerkings is geskryf deur Esperance Grobler asook die Artistieke Direkteur van die Brooklyn Teater, Willem Vogel. Magdaleen Lamey rig die kleingoed, wie se ouderdomme wissel tussen 5 en 7 jaar, af met melodiese perkussie, blokfluit en non-melodiese perkussie.

CD BESKIKBAAR!
Richard van der Westhuizen het al hierdie treffer kinderliedjies opgeneem.
’n vrolike illustrasies boekie met die woorde van die liedjies word hierby ingesluit.
Kontak admin@brooklyntheatre.co.za vir bestellings.